In ons huisie is liefde groter as goed
In ons huisie slaap ons sag en soet
En in ons huisie raak dit somtyds woes
Maar in ons huisie is daar mooi al is daar ook roes
In my hartjie is warmte meer as koue
En in my hartjie is daar hoop in al die voue
En in my hartjie word al die storms stil
Want in my hartjie soek ek na die Here se wil
'n Huisie waar ek sag kan rus
'n Hartjie in 'n warm mus
Met tossels en 'n truitjie aan
'n Hartjie huis wat op 'n rots bly staan
'n Huisie waar ek sag kan rus
'n Hartjie in 'n warm mus
Met tossels en 'n truitjie aan
'n Hartjie huis wat op 'n rots bly staan