Wat het tog geword
Van ons huisie by die see
Die drome wat ons saam
Kon droom ek en jy
Wat het tog geword
Van daai glinster in jou oë
Die hoeke van jou mond
Wat glimlag as jy slaap
Kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag
Met alles in my
Om vir een laaste keer
Jou hart vas te hou
En wat het tog geword
Van ons hardloop langs die strand
Die aande wat ons om kon lag en baklei
Maar jy het onverwags
Van vêr af gewaai
En saam met jou totsiens
Jou rug op ons gedraai
So kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag
Met alles in my
Om vir een laaste keer
Jou hart vas te hou
So kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag
Met alles in my
Om vir een laaste keer
Jou hart vas te hou
Ja, vir een laaste keer
Jou hart vas te hou