Ek het saam na jou kar geloop
Bang dat ek my hart op jou verloor
Want liefde het my geleer
Om versigtig wees
Koffiebekers op my vensterbank
Is nie al wat jy los as jy huis toe gaan
Want ek filosofeer en herevalueer
Als wat ek gedink het ek weet
En jy smelt my koue skouer
Jy klim al my mure uit
En vir die eerste keer sien ek dit nou
Al my goeie eindes begin by jou
En nou het my hart 'n huis gekry
En vir die eerste keer weet ek dis jy
Dis jy, dis jy, dis jy
Jy het aan my deur kom klop
En my kom wakker maak vir die sonsopkoms
Jou onskuldige hardoplag
Verlig my donkerste nag
Sterk en sag, jy is 'n teenstrydigheid
En hoe jy dit doen bly 'n raaisel vir my
Soos jy hoor wat ek nie kan sê nie
En is wat ek nooit geweet het ek wou hê nie
En jy smelt my koue skouer
Jy klim al my mure uit
En vir die eerste keer sien ek dit nou
Al my goeie eindes begin by jou
En nou het my hart 'n huis gekry
En vir die eerste keer weet ek dis jy
Dis jy, dis jy, dis jy
Al my stukkies twyfel, drome, verlede
Weer saamgevleg deur woorde, lag, dans en vrede
Hoop ongesien, maar onverlore
In mosaïek, beter as van tevore
Sonder dat ek moes probeer
Voel ek dit vir die eerste keer
En vir die eerste keer sien ek dit nou
Al my goeie eindes begin by jou
En nou het my hart 'n huis gekry
En vir die eerste keer weet ek dis jy
Dis jy, dis jy, dis jy
O dis jy, dis jy, dis jy