Ek het in 'n donker woud gestap
En deur valleie gesoek na die lig
Ek het vir 'n oomblik aan jou gedink
Vir wie 'n plattelandse dromer na die bos kom vlug
En nou weet ek nie waar ek gaan nie
Maar ek kyk net reguit voor my
Want hierdie riviere was jou van my af
In die wind asem ek jou uit
Soms moet mens verdwaal om jouself weer te kry
Ek het hoë kranse uitgeklim
En myself gekeer om af te kyk
Want uit die dieptes waarin ek geval het
Kan ek weer sien met duidelikheid
En nou weet ek waar ek gaan
En ek kyk net reguit voor my
Want hierdie riviere was jou van my af
In die wind asem ek jou uit
Soms moet mens verdwaal om jouself weer te kry
En skielik het ek op 'n bergtop gestaan
En geweet al my hoogtes is oorkom
Want al my vrese het saam met jou
Agter my verdwyn op die horison
En ek kyk net reguit voor my
Want hierdie riviere was jou van my af
In die wind asem ek jou uit
Soms moet mens verdwaal om jouself weer te kry