Ek het my drome op jou skouer kom lê
En ek wou iets sê oor dit wat jy wou hê
Jy het 'n stilte oor my ritmes gebring
Sal jy omgee as ek dit vir jou kom sing
Wat wou jy by my kom vind
Aan 'n vreemdeling gebind
Wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, die ek en jy wat was
Wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, ek en jy in 'n tas
Ek het my woorde aan jou lippe gelees
Opgetel, en afgesluk met vrees
En onthou jy die straatkind se oë
Toe hy besef hy het jou en my verloor
Wat wou jy by my kom vind
Kan ek dit dalk vir jou bring
Wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, die ek en jy wat was
Wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, ek en jy in 'n tas
Haal nog een keer my hare uit my gesig
Speel nog een keer klavier op my rug
Trek nog een keer die maan op my maag
Gee nog een keer 'n punt vir my vraag
En wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, die ek en jy wat was
En wals 'n laaste glimlag uit
Lees my wasem teen die ruit
Onthou jy, ek en jy in 'n tas
Waarheen gaan ons
Net waar jy wil
Waarheen gaan ons
Net waar jy wil
Waarheen gaan ons
Net waar jy wil
Waarheen gaan ons
Hoekom is jy stil