Back to Top

Stellenbosch Drome Video (MV)




Performed By: Den
Length: 4:20
Written by: Dené




Den - Stellenbosch Drome Lyrics




Daar is baie wat ek vandag wil sê
Terwyl ek so onder die Stellenbosch liggies lê
Wense maak oor hoe ons daagliks
Deur digkuns praat

Eenvoudige woorde met eenvoudige akkoorde
'N Paar vals note
Maar ek weet jy luister graag
Want ons is besig om musiek te maak

En soos wat die reën
Vir die blomme liefde gee
Sien ek dis lente in die oë van die Stellenbosch studente
En soos wat die see
Vir die sandkastele asem gee
Sien ek letters in die blou
Woorde ek hou van jou

So vat my hand
Kom ons loop kaalvoet op die strand
Met 'n liedjie in my hart
En ek teken dit in die sand
Want ons droom van die sekelmaan
En ons droom tot elke ster vergaan
Stellenbosch Ou

Sanskrid op my hande geskryf
Vuurvliegies wat skiet deur my lyf
En ek voel skaam
My gedagtes dans om die maan

Dagdrome op my kitaar
Skielik 'n vrolike snaar
Waar kom jy vandaan
Wat is jou naam?

En soos wat die wind
Onder die arende se vlerke sing
Sien ek dis lente in die oë van die Stellenbosch studente
En soos wat die son
Agter die berge opkom
Sien ek geskenke in bloeisels gevou
Woorde ek hou van jou

So vat my hand
Kom ons dans kaalvoet op die strand
Met 'n liedjie in my hart
En ek skryf dit in die sand
Want ons droom van die sekelmaan
En ons droom tot elke ster vergaan
Stellenbosch Ou

In jou broeksak plaas ek Stellenbosch drome
En gedigte in die lug geskryf deur akkerbome
Die melodie gaan aan
Hopelik sing jy eendag saam

Ek kon seker 'n Maties Crush skryf
Maar ek stuur eerder 'n boodskap saam met
Die witste duif

Liewe Stellenbosch Ou
Ek hou van jou
[ Correct these Lyrics ]

We currently do not have these lyrics. If you would like to submit them, please use the form below.


We currently do not have these lyrics. If you would like to submit them, please use the form below.




Daar is baie wat ek vandag wil sê
Terwyl ek so onder die Stellenbosch liggies lê
Wense maak oor hoe ons daagliks
Deur digkuns praat

Eenvoudige woorde met eenvoudige akkoorde
'N Paar vals note
Maar ek weet jy luister graag
Want ons is besig om musiek te maak

En soos wat die reën
Vir die blomme liefde gee
Sien ek dis lente in die oë van die Stellenbosch studente
En soos wat die see
Vir die sandkastele asem gee
Sien ek letters in die blou
Woorde ek hou van jou

So vat my hand
Kom ons loop kaalvoet op die strand
Met 'n liedjie in my hart
En ek teken dit in die sand
Want ons droom van die sekelmaan
En ons droom tot elke ster vergaan
Stellenbosch Ou

Sanskrid op my hande geskryf
Vuurvliegies wat skiet deur my lyf
En ek voel skaam
My gedagtes dans om die maan

Dagdrome op my kitaar
Skielik 'n vrolike snaar
Waar kom jy vandaan
Wat is jou naam?

En soos wat die wind
Onder die arende se vlerke sing
Sien ek dis lente in die oë van die Stellenbosch studente
En soos wat die son
Agter die berge opkom
Sien ek geskenke in bloeisels gevou
Woorde ek hou van jou

So vat my hand
Kom ons dans kaalvoet op die strand
Met 'n liedjie in my hart
En ek skryf dit in die sand
Want ons droom van die sekelmaan
En ons droom tot elke ster vergaan
Stellenbosch Ou

In jou broeksak plaas ek Stellenbosch drome
En gedigte in die lug geskryf deur akkerbome
Die melodie gaan aan
Hopelik sing jy eendag saam

Ek kon seker 'n Maties Crush skryf
Maar ek stuur eerder 'n boodskap saam met
Die witste duif

Liewe Stellenbosch Ou
Ek hou van jou
[ Correct these Lyrics ]
Writer: Dené
Copyright: Lyrics © O/B/O DistroKid

Back to: Den

Tags:
No tags yet