Ek soek jou in die laat aand nagte, ek soek jou as die son gaan lê
Ek soek jou as die N1 stil raak om my, as my worde niks kan sê
Ek soek jou in die stil akoorde wat die uile vir my fluit
Ek soek jou as my asem min raak, wanneer jy, by my spook
Soek jy my asem? Dis al wat ek kan gee
Ek soek jou asem , in alles en nog meer
Niks wat ek doen nie sal jou ooit kan oortuig
Dus gee ek als vir jou my asem blaas ek uit, my asem blaas ek uit
Jare lank wag ek al vir jou, verewig sal ek jou onthou
Nog nooit kon ek myself sien leef, deur die are van n vrou
Tog het jy my aan getrek - my wentel baan verskuif
Ek wens dat jy my ook sien, dat ek jou kan oortuig
Ja die som van wat ek het, is nie genoeg vir jou nie
En dit is diep in my gebet, dat jy my vind